« Different Modems... One works | Main

Sunday, October 26, 2008

TomTom XL- O-so-maklike navigasie

Hierdie toestel het met al sy bybehore die potensiaal om meer as net ‘n 4 x 4 yuppie-bykomstigheid te wees. Met al die veiligheidskenmerke en die vermoë om al die nuutste inligting te bekom, wil dit in díe land van ons amper ‘n noodsaaklikheid wees.

As jy die TomTom XL aanskakel neem dit jou deur ‘n eenvoudige inleiding tot al die aanboordfunksies waartydens jy terselfdetyd al jou voorkeure (stemkeuse, aansigkleure en -keuses, teenwoordigheid van veiligheidswaarskuwings en nog meer) instel. Soos met meeste toegewyde GPS-toestelle is dit baie maklik om jou bestemming in te stel. Ikone is groot en duidelik en jy kry toegang daartoe deur op die skerm te tik. Daarna dun dit jou keuses uit na gelang van jou eerste letters: tik bv. “H-O” in en al die betemmings wat met díe letters begin verskyn. Dit vereenvoudig die proses aansienlik en verseker dat jy nie (soos met foon-GPS-sisteme) ‘n woord intik wat verkeerd gespel is nie.

TomTom se unieke gepatenteerde deeltegnologie verseker dat gebruikers kaartfoute kan aanmeld en met mekaar deel, die volgende keer wat jou TomTom via jou rekenaar met die bediener kontak maak. Die stappe is intuitief en begasseer op ‘n paar keuses wat beskikbaar is. “Help me!” is nóg ‘n behulpsame funksie wat jou in staat stel om onmiddellik toegang tot nooddienste te kry in geval van ‘n noodtoestand. Dit verskaf posisie en telefoonommers en laat jou natuurlik toe om die nooddienste jóú daadwerklike posisie op ‘n kaart te gee sodat hulle jou nie hoef te soek nie.

TomTom Home is jou manier om seker te maak dat jy altyd die nuutste kaart met die mees onlangse verbuikersopdaterings het. Weereens geskied die installering seepglad. Koppel jou TomTom aan jou rekenaar via USB en dadelik sal dit jou voorsê om die sagteware outomaties van die webtuiste af te laai. Daarná sal dit jou elke keer wat jy dit koppel om te herlaai, vra of jy wil kontak maak om te opdateer. Hier is dit nodig om te noem dat jy die toestel slegs per USB of in jou motor kan herlaai aangesien daar nie ‘n muurkoppeling ingesluit is nie. Daar is egter een apart beskikbaar. Ook nie hier ingesluit nie is die RDS-ontvanger wat jou in staat stel om verkeersinligting via radiosein te ontvang om by jou roetebeplanning in ag te neem. 9/10 Beskikbaar by www.tomtom.co.za teen R2,999.00

Posted by at 8:06 AM Central African Time
Categories: